OUDTSHOORN NUUS - Die SA Weermagvereniging bied verskeie voordele en byeenkomste vir militêre veterane.
Om te kwalifiseer as 'n militêre veteraan, moes jy óf:
- In die SA Weermag gedien het.
- As 'n dienspligtige diens gedoen het. In die
- R-reserwe mag gedien het.
- In die staandemag gedien het.
- In die unie verdedigingsmag gedien het.
- In die kommando gedien het.
Ander dienste
Ander aktiwiteite wat gereël word is gedenkdienste, kerkdienste, hulp met post traumatiese stres sindroom, opleiding om by die GPF-stelsel in te skakel en gemeenskaps-veiligheid effektief te verbeter.
Die vereniging help ook sy lede om hul uitstaande of verlore medaljes te bekom.
Die vereniging is georganiseer in 'n nasionale struktuur wat 'n ondersteuningsbasis bied aan al sy lede.
Die provinsies word verdeel in sektore waarbinne eenhede gestig word in die gemeenskappe waar lede bly. Verskeie projekte word beskikbaar gestel waaraan in eenheidsverband, of ook as individuele lede kan deelneem.
Daar word ook gefokus op ekonomiese projekte om lede geleenthede te gee om 'n inkomste te verdien.
Nog 'n diens wat die vereniging lewer is om sy lede te help met die registrasie op die departement van militêre veterane (DMV) databasis, om sodoende te kan aansoek doen vir die voordele soos voorsien deur die Militêre Veterane Wet 2011 (Wet no 18 van 2011).
Indien kwalifiseer as 'n militêre veteraan, kan jy aansluit by die SA Weermagvereniging.
Die SA Weermagvereniging is in 2009 gestig deur Genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SA Weermag. Verskeie funksies, soos projek "Kolgans" en maandelikse ontbyte, word landwyd gereël om weer die kameraadskap te bevorder.
Die SA Weermagvereniging kan gekontak word by 060 603 2930 of stuur 'n epos na admin@mivets.co.za
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'