OUDTSHOORN NUUS - Christiaan Ruiters (23), van Paardebond, wat aan statutêre verkragting skuldig bevind is, is die week in die Oudtshoorn-streekhof gevonnis.
Ruiters het in 'n pleitooreenkoms met die staat erken het dat hy met toestemming geslagsgemeenskap met die 13-jarige meisie gehad. Die meisie het na die verkragting swanger geword.
Hy is tot vyf jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Verder is hy tot twee jaar korrektiewe toesig gevonnis wat behels dat hy 24 uur per dag onder huisarres is behalwe vir werk- en kerkdoeleindes.
Hy moet hom weerhou van die gebruik van drank en dwelms en 16 uur per maand gemeenskapsdiens doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'