Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-motorklub het verlede Saterdag die eerste Heavy Metal nasionale resieskampioenskappe van die jaar by die plaaslike ovaalbaan aangebied. Altesaam ses verskillende klasse het sake uitgespook op 'n renbaan wat deurentyd met water vir veiligheidsredes en vermindering van stof natgespuit is.
Bykans 600 toeskouers het die wedren bygewoon.
Die tweede been van hierdie kampioenskappe vind later vanjaar in Port-Elizabeth plaas, terwyl die derde been in Worcester beslis sal word.
Die topdrie bestuurders wat die meeste punte oor dié drie bene insamel sal dan uiteindelik as SA kampioene in hul onderskeie afdelings gekroon word.
Leno Muller van Oudtshoorn (voor) het onder sy teenstanders weggejaag. Foto's:Wyndham Ewerts
Die uitslae in die verskillende klasse is as volg:
DEV
- Ivan Pitol (George)
- Eugene van der Merwe (George)
- Juan Heunis (Oudtshoorn)
1660's
- Izaan Keller (Oudtshoorn)
- Burger van der Westhuizen (Oudtshoorn)
- Wayne Skinner (George)
Heavy metal
- André Keller (Oudtshoorn)
- William Steyn (George)
- Wemer van der Merwe ( 2de plek op SA ranglys)
V8
- Bennie Greyling (George)
- Marius Combrink (George)
- Piet Combrink (George)
Hotrods
- Corné Greeff (Oudtshoorn)
- Clive Meyer (Oudtshoorn)
Stockrods
- Pierre du Preez (Worcester)
Lees 'n vorige artikel: Stockcars laat die vonke spat
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'