Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou (48) is Saterdagmiddag omstreeks 16:00 naby die Kango-grotte dood toe sy deur 'n motor getref is.
Die voorval het ongeveer 2 km van die grotte af op die pad na Matjiesrivier plaasgevind.
Sover vasgestel kon word het die oorledene, Antionette Coetzee, en haar man in die rigting van Matjiesrivier gestap toe sy deur 'n aankomend Opel Corsa getref is.
Volgens die bestuurder van die Opel was die man en vrou op die ryvlak van die pad toe hy om die draai kom.
"Toe ek hulle sien het ek uitgeswaai, maar die vrou het ook weggespring en reg voor die kar beland."
Volgens hom was hy van die gastehuis waar hy werk, op pad om sy kinders by die Kango-bergoord op te laai toe die ongeluk gebeur het.
Sersant Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het bevestig dat 'n klag van strafbare manslag ondersoek word.
Lees 'n vorige artikel: Vrou omgery naby Kango-grotte
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'