Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Vrou is vandag, 10 Maart, om ongeveer 16:30 oorlede toe sy naby die Kango-grotte deur 'n motor getref is.
Volgens omstanders was sy en haar man op die ryvlak van die pad toe sy deur die motor getref is.
Sy is op die toneel dood.
Die vrou se identiteit en ouderdom is nog nie deur die polisie bekend gemaak nie.
Die bestuurder van die motor was van sy werk af na Oudtshoorn onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
Kyk 'n video hieronder:
Sy is op die toneel dood.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'