Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Mitsubishi Pajero is hospitaal toe geneem nadat die voertuig gerol het.
Hy was alleen in die Pajero en kon met ondersteuning na die ambulans stap.
Volgens 'n motoris wat agter hom gery het, het die voertuig skielik oor die pad geswaai en toe gerol.
Die ongeluk het omstreeks 17:00 op die pad tussen Oudtshoorn en Safari-volstruisplaas gebeur.
Kyk 'n video hieronder:
Die bestuurder van die Mitsubishi Pajero is hospitaal toe geneem.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'