Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Padblokkade is vanoggend, Vrydag 6 Julie, buite Oudtshoorn gehou om voertuie te toets vir ontoelaatbare hoveelhede gas wat deur die uitlaatstelsels vrygelaat word.
Die Eden-distriksmunisipaliteit se bestuurder lugkwaliteitbeheer, dr. Johan Schoeman, tesame met die Oudtshoorn-munisipaliteit se verkeersafdeling, het die padblokkade op die Oudtshoorn na De Rust-pad oorkant die Oudtshoorn-gholfbaan gehou.
Volgens Schoeman beoog hulle om al sewe B-munisipaliteite binne Eden binnekort van sulke toetsmateriaal te voorsien.
“Op die oomblik hou ons een keer per maand ’n lugkwaliteitbeheer-padblokkade binne elk van die sewe munisipaliteite se bedieningsarea,” het Schoeman gesê.
Boetes van tot R500 kan opgelê word aan bestuurders van voertuie wat die lugkwaliteittoets faal.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in volgende Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'