Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Working on Fire (WoF) het twee Bomber vastevlerkvliegtuie beskikbaar gestel om die brand in die Kammannasieberge te beveg.
Die brand woed sedert die afgelope naweek.
Die vliegtuie wat elk 3000 liter water per vlug kan dra, het vanoggend vanaf die WoF basis by Denneoord, George, opgestyg en die eerste 6000 liter op die brand gegooi.
Van daar het hulle na die Oudtsoorn Lughawe gevlieg, waar die Oudtshoorn-brandweerdienste gereed staan om na elke vlug weer die vliegtuie se watertenks te vul.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'