OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanmiddag kennis gegee dat Kerkstraat, Rademeyerstraat, Van der Rietstraat sowel as Albertstraat vir verkeer gesluit is.
Die Grobbelaarsrivier loop sterk na 50mm reën wat sedert Vrydag in die streek gemeet is.
Die strate is gesluit as gevolg van die laagwaterbruggies wat oorstroom.
Lede van rampbestuur is tans besig om die bruggies te monitor en geen skade is tot dusvêr aangemeld nie.
Die munisipaliteit se noodnommer is 044 203 7800.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'