KAROO NUUS - Twee mans, 'n vrou en 'n baba is gisteroggend dood in 'n botsing omstreeks 04:10 tussen 'n vragmotor en 'n Toyota Avanza op die N1 tussen Leeugamka en Beaufort-Wes.
Twee vrouens is met ernstige beserings na 'n hospitaal op Beaufort-Wes geneem en 'n man is met ligte beserings opgeneem.
Die oorledenes en beseerdes was almal in die Avanza wat volgens inligting oor die middellyn gery het en die aankomende vragmotor reg van voor getref het.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie. 'n Gedeelte van die N1 was gister vir 'n geruime tyd vir verkeer gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'