Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verpleegpersoneel van Coronation Memorial te huis vir bejaardes, wat gister buite die hekke was, is vandag weer op hulle poste.
‘n Lid van die huiskomitee het vandag gesê die verpleegpersoneel gaan voort met hulle normale dienste.
Dit is nog onduidelik of daar enige vordering gemaak is met die geskil tussen die bestuursraad en die bestuurder wat volgens ‘n interdik nie die perseel mag binnegaan nie.
Die Oudtshoorn Courant het ‘n navraag oor die voortslepende kwessie by die tehuis aan die departement van maatskaplike ontwikkeling gestuur en wag nog op ‘n antwoord.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'