OUDSTHOORN NUUS - Die verhoor van ’n verkeersbeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit wat van korrupsie aangekla word, is in die streekhof uitgestel vir uitspraak in ‘n aansoek van die staat om ‘n verklaring van een van die klaers wat tans in die buiteland is, as hoorsê getuienis te aanvaar, vir voortsetting van die saak.
Marshall Wagenaar staan tereg op twee aanklagte van korrupsie deurdat hy na bewering in April 2017 onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het vir vroeër datums om hul voertuiglisensies te bekom.
Wagenaar se regsverteenwoordiger, adv. Piet van Wyk, vra die hof om die versoek te weier omdat die klaer dan nie onder kruisverhoor geneem sal kan word nie en dit sy kliënt sal benadeel.
Volgens die staatsaanklaer, Willem Vister, is dit onseker wanneer die afwesige klaer, Johannes Mulder, weer in Suid-Afrika sal wees.
Die saak dien voor streeeklanddros Ntsoki Moni en is vir ‘n beslissing uitgestel tot 15 Julie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'