CALITZDORP NUUS - Boplaas Familiewingerde in Calitzdorp het nog 'n dubbelgoud- en drie goue medaljes by die 'n groot Suid-Afrikaanse wynkompetisie, Veritas, verower.
'n Veritas 2017 dubbelgoud is gewen vir die Boplaas Heritage Muscadel 2014. Dié prestigeryke, goudkleurige dessertwyn is gemaak van handgeplukte, sonryp Muskadel-druiwe van 'n 33 jaar oue wingerd.
Drie Veritas goue medaljes is verower deur Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 en 2013 (beide SA Kampioene by die SA Jongwynskou) en die Boplaas Cape Tawny (4½ sterre in Platter's en Beste SA Port by die CAPPA Challenge).
Hierdie toekennings volg kort op die hakke van 'n dubbelgoud-medalje en ses goue medaljes wat Boplaas by die Michelangelo International Wine & Spirit Awards losgeslaan het.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'