Update
OUDTSHOORN NUUS - Verskeie inwoners het reeds hulle eie inisiatief geneem om iets by te dra tot die verfraaiing van die dorp.
Die Oudtshoorn Courant het reeds berig oor die eienaar van Beans About Coffee, Johan Breunissen, wat blomme in Hoogstraat aangeplant het.
Vandeesweek het die koerant ook 'n draai by Camp Roadhouse op die hoek van Van der Rietstraat en Parkweg gemaak waar Leon Vorster, Jaco Vorster en Johan van Heerden blombakke voor hulle perseel aangebring het.
'n Groep inwoners het ook hierdie week munisipale werkers ingespan om te begin met die verfraaiing van die ingang na die dorp in Voortrekkerweg aan Calitzdorp se kant.
'n Vergadering was Woensdagaand in die banketsaal gehou waartydens die munispaliteit inwoners gevra het vir insette en voorstelle om die dorp te verfraai.
Munispale werkers besig om klippe aan te ry by die ingang van die dorp in Voortrekkerweg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'