OUDTSHOORN NUUS - Die publiek word gevra om die polisie te kontak indien enige fietsrytoerusting deur vreemdelinge te koop aangebied word.
Blitsige optrede van die polisie het tot die arrestasie van 'n verdagte gelei wat vroeg vanoggend duur fietsrytoerusting van twee toeriste gesteel het.
Die man is op kringtelevisie vasgevang waar hy vanoggend om ongeveer 04:00 twee fietsrysakke by die toeriste se tentjie in die tuin van 'n akkommodasieplek steel.
Enkele ure later het die polisie hom aangekeer en die twee sakke en 'n aantal besittings teruggevind.
Hulle vermoed egter dat hy van die duurder toerusting vanoggend reeds verkoop het.
Onder is 'n lys van gesteelde items.
Blitsige optrede van die polisie het tot die arrestasie van 'n verdagte gelei.
Die twee fietsryers is van Finland en is besig met 'n fietstoer tussen Plettenbergbaai en Kaapstad.
Op die foto ondervra spurders die verdagte wat in die voertuig sit.
'n Lys van gesteelde items.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'