OUDTSHOORN NUUS - Die tema van verlede week se netwerkaand van die Oudtshoorn besigheidskamer, was Veiligheid.
Jaco vorster, ondervoorsitter van die besigheidskamer wat ‘n aantal weke gelede die slagoffer van ‘n gewapende roof voor sy onderneming was, kon uit persoonlike ervaring praat toe hy gesê het mense moet meer waaksaam wees.
Die netwerkaand is deur Alert Patrol geborg en derhalwe kon die meer as 100 gaste waardevolle inligting oor veiligheid direk uit die spreekwoordelike perd se bek ontvang.
Die netwerkaand is in die klubhuis van Langenhoven Gimnasium aangebied en volgens Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer is ‘n rekord van 125 plekke vir die aand bespreek.
Vier bestaande besighede het ook as nuwe lede by die besigheidskamer aangesluit. Die vier besighede is: Coenie se Viswinkel h/a B&T Suppliers, Miles Verwe & Loodgieters BK, Ostrich Leather Trading en Oudtshoorn Spar.
Tydens die voorstelling van nuwe lede van die Oudtshoorn Besigheidskamer Donderdagaand was, van links: Jaco Vorster (ondervoorsitter), Hennie Miles (Miles verwe en loodgieters), Marius Greeff (Ostrich Leather Trading), Skillie Pretorius (Oudtshoorn Spar), Coenie Meyer (B&T Suppliers) en Gideon Badenhorst (voorsitter Oudtshoorn besigheidskamer). Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'