“Die lede van die eenheid vorm ’n gedugte span en gemeet aan die suksesse wat ons behaal, meer as dikwels van niks of geen leidrade, en suksesvolle vervolging daarstel, is ’n bewys van almal se toewyding en deursettingsvermoë,” sê kapt Ike Olislager, bevelvoerder van die eenheid.
En om die kroon te span, is ’n vroulike lid van die eenheid, adjudant offisier Hendrieka Mentoor, aangewys as beste ondersoeker in die Wes-Kaap, die eerste keer dat die eer ’n vrou te beurt val. Mentoor is ook die eerste vrou wat as ondersoeker by ’n veediefstaleenheid in die Wes-Kaap werksaam is.
Olislager het die BKB wisseltrofee en sertifikaat tydens Agri Wes-Kaap se jaarkongres namens die eenheid in ontvangs geneem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
.jpg)
Die lede van die Oudtshoorn Veediefstaleenheid is voor van links: J Hartzenberg, ao. Hendrika Mentoor, kapt. Ike Olislager en sers. E Losper. Agter hulle staan konst. l Krawe, WA Tshukulwana, NC Hlazo,ao. HS Schoeman, ao. SD de Kock en ao. HA Duvenhage, en heel agter ao. NJ Cremer en ao. TE Falake. Ao. J De Villiers, ao. FK Rabie, sers. K Keffirs en ao. J Swart. (Afwesig: P Fortuin). Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'