OUDTSHOORN NUUS - Die munisipaliteit se tegnici het ontdek dat die kragonderbreking wat dele van Oudtshoorn tans sonder krag laat deur vandalisme veroorsaak is.
Volgens Ntobeko Mangqwengwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit is tegnici tans besig om die beskadigde kabels te herstel.
Dit is onbekend hoe lank die herstel gaan duur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'