Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Werknemers van 'n klerewinkel en 'n aangrensende skoenwinkel moes vanoggend vir die tweede keer in 'n week opruim nadat groot skade aangerig is deur vermoedelik koperdiewe.
Die diewe het Maandagnag die eerste keer ingebreek om pype te steel en daarna 'n klomp kartondose aan die brand gesteek. Die brand kon deur die brandweer geblus word voordat dit na die winkels versprei.
Daar is laasnag weer ingebreek, vermoedelik om die laaste stuk koperpyp te steel.
Water het deurnag in die twee winkels ingestroom.
Kyk 'n video hieronder:
Water het deurnag in die twee winkels ingestroom.
Daar is laasnag weer ingebreek, vermoedelik om die laaste stuk koperpyp te steel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'