OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Van Reede 1-rolbalspan is na die eerste ronde van die Alert Patrol-rolbalsakeliga in die eerste plek met twee punte.
Die wedstryde vind Woensdae plaas met die eindronde wat op 23 Maart gespeel sal word.
Na ses weke se spel sal die wenspan
R3 200 inpalm. Die tweede prys is R2 000 en derde plek R1 200. Gratis etes word ook na die wedstryde vir die spelers verskaf.
Die top-10-spanne is as volg:
Van Reede 1
PSP Timber
Quick & Clean Handyman Services
Auto Select
Hyundai Oudtshoorn
Du Plessis Volkswagen
Laerskool Wesbank
Cookie Club
Department Transport & Public Works
Tyres & Treads
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'