OUDTSHOORN SPORTNUUS - Gerhard van Jaarsveld het Donderdag, 27 April die eerste Vryheidsdag-parkrun wat deur Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed aangebied is, met 'n tyd van 20 minute 57 sekondes gewen.
Kobus Marais was tweede, en Reinard van Jaarsveld derde van die 59 deelnemers waaronder talle besoekers.
Verlede Saterdag se 336 ste Oudtshoorn-parkrun is gewen deur Francois Jooste met 'n tyd van 21 minute 46 sekondes met Alistair James tweede en Johann Coetzer in die derde plek.
Die voorste tien deelnemers in die twee parkruns was:
- Gerhard van Jaarsveld (20:57)
- Kobus Marais (21:08)
- Reinard van Jaarsveld (23:24)
- Zani Smith (23:27)
- Rudolf Smith (25:47)
- Lihan van Jaarsveld (25:51)
- Jan van Niekerk,(26:14)
- Johan Marais (26:53)
- Attie Fortuin (27:29) en
- Steve Bruce (28:06).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’