OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Fiat Uno het gisteraand in Meiringspoort omgeslaan.
Volgens inligting wat bekom is, het 'n motor van vooraf gery en te na aan die wit lyn gery.
Die bestuurder van die Uno het uitgeswaai om 'n botsing te vermy en die Uno het omgeslaan.
Die bestuurder was alleen in die voertuig en het wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Die Uno soos dit omgeslaan het.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'