Update
OUDTSHOORN NUUS - Die uitspraak van die moordverhoor teen die 24-jarige vrou wat daarvan aangekla word dat sy Heinrich Sauls (34) vermoor het, sal volgende maand in die Oudtshoorn-streekhof plaasvind.
Davedine Pietersen het glo op Kersoggend in 2016 vir Sauls met 'n kombuismes in die bors gesteek.
Sy pleit onskuldig op die aanklag van moord, maar wel skuldig op 'n alternatiewe klag van strafbare manslag omdat sy nie bedoel het om Sauls dood te maak nie.
Pietersen erken dat sy baie kwaad was vir die oorledene omdat hy glo haar ma uitgeskel en haar verneder het. Volgens Pietersen het Sauls haar op die grond neer gegooi en geskop.
Sauls en Pietersen se broer was die oggend van die moord in 'n worsteling betrokke en sy het glo vir haar broer se lewe gevrees.
Sy het tydens die worsteling tussen haar broer en Sauls, met die mes na Sauls se arm gemik sodat hy sy greep kon verslap en sy het hom toe in die bors getref.
Streeklanddros Retha Pretorius het die saak vir uitspraak tot 14 September uitgestel na die getuienis van die Pietersen se minderjarige broer.
Lees 'n vorige artikel: Vrou van De Rust ontken moord
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'