OUDTSHOORN NUUS - Die Schoeman-egpaar, Hendrik en Susan, se cliviatuin met duisende plante is weer vir 10 dae oop vir die publiek.
'n Besoek aan die skouspel op hulle plaas by Volmoed is 'n jaarlikse hoogtepunt vir besoekers.
Ten spyte van die uitmergelende droogte is die plate clivias in volle blom.
Die publiek is welkom om die plaas vanaf 19 tot 29 September daagliks tussen 10:00 en 18:00 te besoek.
Daar is geen kostes aan verbonde nie, maar mense word gevra om net vooraf te laat weet as hulle kom. Skakel Hendrik by 084 499 5846 of Susan by 084 258 9807 om ‘n afspraak te maak en ook om aanwysings na die plaas te kry.
Soos gewoonlik sal daar weer plantjies te koop wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'