OUDTSHOORN NUUS - Vanjaar se Relay for Life sal Saterdag 1 Februarie by die De Jager-sportkompleks plaasvind. Deelname aan die Relay for Life 2020 beloop R100 per persoon.
Tydens registrasie sal die spanne 'n staanplek vir die nag kies waar gazibo's of tente opgeslaan mag word.
'n Spesiale ete geborg deur die burgemeester, Colan Sylvester, sal aan kankeroorwinnaars bedien word.
Paul Amas en orkes, House of Entertainment sal vir die vermaak verantwoordelik wees. Albie Ellman, voormalige prinsipaal en inspekteur van skole, sal vanjaar se Hero of Hope wees en sy kankerverhaal met die gehoor deel.
Vir verdere inligting kontak Adri Odendaal by 072 1330 444.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'