Update
OUDTSHOORN NUUS - Die dogtertjie wat vanoggend in 'n botsing saam met haar pa en boetie betrokke was, is na die George-hospitaal oorgeplaas nadat sy vanoggend in die Oudtshoorn-hospitaal opgeneem is.
Haar boetie is van die botsingstoneel per helikopter George toe geneem en hulle pa het op die toneel beswyk.
Die Oudtshoorn Courant was vanmiddag by die kinders se huis, maar 'n familievriend het gesê die ma is George toe. Hy het gesê sy het nog nie die ongeluk verwerk nie.
Volgens die man is albei kinders ernstig beseer.
Die botsing het vanoggend onstreeks 07:15 op die Rooiheuwelpad gebeur toe die pa die twee kinders skool toe geneem het en voor 'n aankomende bakkie ingery het.
Vorige artikel: Pa sterf in botsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'