Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ‘n wit Mazda Sting is vanoggend omstreeks 08:00 op die toneel van ‘n botsing oorlede.
Hy was onderweg om sy twee kinders, ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie, skool toe te neem toe hulle op die Rooiheuwelpad by ‘n sy-aansluiting voor ‘n aankomende bakkie ingery het.
Die bakkie het die motor aan die bestuurderskant getref.
Die bestuurder, ‘n pastoor van ‘n kerkie op een van die plase, het ernstige hoofbeserings opgedoen en het gesterf terwyl paramedici gepoog het om hom te stabiliseer.
Sy dogtertjie wat links in die motor gesit het, is ernstig beseer en is per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem. Paramedici het die ernstig-beseerde seuntjie deur die luikrug van die motor uitgehaal en hy is met veelvuldige beserings per noodhelikopter na die George-hospitaal geneem.
Die oorledene se vrou het te voet met ‘n babatjie in haar arms sowat ‘n uur na die botsing by die toneel aanghgekom nadat iemand haar verwittig het.
Die identiteit van die oorledene is nog nie amptelik deur die polisie bevestig nie.
Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd en werkers wat in die bakgedeelte gesit het, is vir ondersoek na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Kyk 'n video hieronder
Die bakkie op die plek waar dit die motor getref het.
Paramedici by die seuntjie nadat hy uit die motor gehaal is.
Paramedici by die beseerde seuntjie op die draagbaar terwyl nof paramedici aan die nader kant van die motor die kritiek-beseerde bestuurder probeer stabiliseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'