OUDTSHOORN NUUS - Lede verbonde aan die Oudtshoorn-polisie het die afgelope naweek by twee geleenthede arrestasies vir die onwettige handel in drank uitgevoer.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was die optredes in Bongolethu en in Rosebank.
Daar is by die twee persele op sowat 330 liter drank beslag gelê en twee persone is gearresteer.
"Die polisie het reeds hierdie jaar op 10 persele toegeslaan waar daar onwettig met drank gehandel is. Die polisie fokus spesifiek op gebiede waar daar ‘n aanduiding is dat die verkoop van drank en misbruik van drank lei tot misdaad in daardie omgewing."
Die Oudtshoorn-stasiebevelvoerder, brigadier Susan Crafford, het beklemtoon dat onwettige drank verkope en enige oortredings van die drankwet nie geduld sal word nie.
"Ongelukkig is baie van ons kontakmisdade drank verwant en laat dit ons geen keuse as om teen oortreders op te tree nie," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'