Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Taxibestuurder is vanoggend omstreeks 05:40 lig beseer in 'n botsing met 'n ander taxi.
Die botsing het op die N12 reg voor die nuwe informele nedersetting, Hopeville, plaasgevind.
Volgens mense op die toneel, het die bestuurder van een taxi wat alleen in die voertuig was, oorkant Hopeville stilgehou en toe oor die sperstreep 'n U-draai gemaak waarna hy deur 'n aankomende taxi met vyf passasiers getref is.
Die bestuurder van die tweede taxi is lig beseer en die passasiers is ongedeerd.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'