Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Bridgton- en Kerkstraat-swembaddens is tans gesluit nadat die vyf-jarige Cornelius Draai Saterdag by Bridgton verdrink het.
Die Bridgton-swembad is as deel van die ondersoek gesluit.
Die Kerkstraat-swembad is gister gesluit nadat inwoners wat onsteld was oor die verdrinking by Bridgton die bestuurder van die dorp se swembaddens by Kerkstraat gaan konfronteer het. Die mense wou glo antwoorde gehad het oor Saterdag se verdrinking. 'n Argument het ontstaan en die swembadbestuurder is glo in die proses aangerand.
‘n Kennisgewing is ook by dié swembad aangebring wat aandui dat die swembad tot verderere kennisgewing gesluit is weens hierdie aanrandingsvoorval.
Navrae is intussen na die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur rakende beide voorvalle.
Die kennisgewing wat aandui dat die Kerkstraat-swembad tans gesluit is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'