OUDTSHOORN NUUS - Die polisie ondersoek 'n skietvoorval waartydens twee skote gisteraand omstreeks 20:30 op 'n huis in Draaistraat, Oudtshoorn afgevuur is.
Een skoot het die muur bokant 'n venster getref en die ander skoot is deur 'n ruit aan die onderkant van die vensterraam.
Sover vasgestel kon word was 'n vrou alleen in die huis. Sy is nie getref nie.
Volgens bure met wie die media vanoggend gepraat het, blyk dit dat daar geslotebaanvideomateriaal is waarop gesien kan word dat 'n man tot voor die huis stap, twee skote afvuur en in die rigting van Victoriastraat weghardloop.
Verskeie polisielede, sowel as 'n plofstofhond, was vroeg vanoggend steeds op die toneel.
Lees die volledige berig in môre se uitgawe van die Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Een skoot het die muur bokant 'n venster getref.
Die ander skoot is deur 'n ruit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'