OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek een klag van besigheidsroof en een klag van roof na twee voorvalle verlede Woensdag 22 April en Maandag 27 April. 'n Vragmotor wat brood in Bongolethu afgelewer het is Woensdag van vyf kratte brood en geld beroof.
Maandag is 'n spazawinkel beroof.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie het een van die verdagtes wat by die spazawinkel ingebreek het in hegtenis geneem.
"Die winkel is op die hoek van Malvahof en Koedoeweg geleë. Daar word beweer dat twee verdagtes die deur na die winkel oopgedwing het. Die verdagtes het geld asook goedere gesteel en te voet gevlug."
Volgens hom is een verdagte nog soek, terwyl die ander een, 'n 32-jarige man, Maandagaand gearresteer is. .
Pojie sê die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat op 22 April die brood in 16e Laan gesteel het.
"Twee verdagtes het die persoon wat die brode aflewer met messe gedreig."
Kontak die polisie by 08 600 10111 of 044 203 9000 skakel.
Die toneel in Malvahof waar die spazawinkel Maandag beroof is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'