KANNALAND NUUS - Inwoners van Kannaland is geskok deur die nuus dat twee bekende oudskoolhoofde skielik verlede Dinsdag oorlede is.
Peter Kannemeyer
In Ladismith het die nuus van Peter Kannemeyer (64), alombekend as 'Meester Pietie', se afsterwe inwoners in ongeloof gelaat. Kannemeyer was die eerste rekeningkunde-onderwyser by Ladismith Sekondêr. Hy was daarna skoolhoof van Buffelsvlei Primêr buite die dorp.
Kannemeyer was volgens sy vrou Sannie, alleen met hul kleinseun, Hugan, tuis toe hy gesterf het.
Hy was glo in die studeerkamer toe hy skielik begin bewe het en van die stoel afgeval het. Sannie vertel dat sy die nooddienste geskakel het, maar dat paramedici haar man op die toneel dood verklaar het.
Kannemeyer was in die Wes-Kaap veral bekend vir sy betrokkenheid by Kerskore. Hy het ook die gesangeboek van die Lutherse kerk getoonset. Kannemeyer se begrafnis word vir Saterdag 3 September vanuit die Evangelies Lutherse kerk beplan.Peter Kannemeyer
Hendrik Murphy
In Calitzdorp was die nuus van die afsterwe van Hendrik Murphy (74) net so 'n skok vir die plaaslike gemeenskap.
Murphy was voorheen die hoof van Laerskool Warmbad.
Inligting oor Murphy se begrafnisreëlings is nog onbekend.
'Ons bring jou die nuutste Kannaland nuus'