OUDTSHOORN NUUS - Die waternood by Tuishuis, 'n tehuis vir bejaardes in Baron van Reedestraat, sal hopelik binnekort opgelos wees.
Die watertoevoer na die tehuis moes Vrydagmiddag afgesluit word aangesien 'n waterpyp onder die gebou begin lek het.
Die lekkasie kon eers vanoggend deur 'n tegniese span van George opgespoor word.
Hulle is tans besig om 'n betonvloer op te kap om by die lekplek uit te kom.
Intussen voorsien die munisipaliteit water in tenkwaens en Solidariteit Helpende Hand en Afriforum bring sedert Vrydag houers met drinkwater vir die inwoners.
Cilliers Vosloo, inwoner en komiteelid van Tuishuis, by 'n loodgieter wat besig is om 'n betonblad oop te kap om by die lekplek te kom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'