Update
CALITZDORP NUUS - 'n Vrou van Buffels-jachtfontein wat haar saamleefmaat met 'n kombuismes doodgesteek en aan strafbare manslag skuldig bevind is, is die week in die Oudtshoorn-streekhof ingevolge van Artikel 276 (1) (i) tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Katrina Conradie (38) is onskuldig bevind op aanklag van moord omdat sy nie bedoel het om haar saamleefmaat, Willem Malgas, dood te maak nie.
Volgens haar was sy die betrokke dag besig om groente te skil toe Malgas haar begin skel het oor kos en was hy weer onder die invloed van alkohol.
Sy het egter erken dat sy gestraf moet word.
Geen getuies is deur die staat en die verdediging geroep nie.
Streeklanddros Sylvia Mandla het bevind dat Conradie se nalatige optrede tot Malgas se dood gelei het. Sy kan na die uitdiening van 'n sesde van die vonnis om parool aansoek doen.
Vorige artikel: Vrou skuldig aan man se mesdood
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'