Die opening op Saterdag 6 Februarie is om 07:30 en die eerste hardloopitems begin om 08:00 by die De Jager-sportkompleks. Die swem volg direk daarna by die NA Smit-swembad. Toegang is gratis.
Van die SWD se topatlete, soos Johan Windt, Chris van Wyk, Trisha Policutte, Kirsten Barbour, Bianca la Grange, Luca Potgieter, Eugene van der Merwe, Marius Hugo en Gustav Schlechter, gaan beslis onder die medaljes jag.