OUDTSHOORN NUUS - Ontevrede inwoners van Seppieville by die Toekomsrus-sirkel het vanoggend Bidvest se toilette aan die brand gesteek en die vier ingange na die sirkel versper.
Die Bidvest-toilette is volgens een van die inwoners twee weke gelede geïnstalleer sonder die gemeenskap se insae.
"Ons vorige toilette van Top Loos was in ’n baie beter toestand as dit wat nou aan ons afgesmeer word. Hier is te veel oumense en kinders wat nou blootgestel word aan die morsige toilette van Bidvest. Dit kan mos nie toegelaat word nie. Ons soek net basiese waardigheid want dis mos immers mense en nie diere wat hier woon nie. "
Die inwoners van Seppieville is ook ongelukkig omdat hulle nie oor elektrisiteitsgeriewe beskik nie.
Die polisie is tans op die toneel en moes die ontstoke inwoners met waterkanonne afskrik.
Een van die inwoners wys hoe netjies die Top Loos-toilette is.
Die polisie moes oproerige inwoners met waterkanonne afskrik.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'