OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor het Saterdagoggend 'n verwelkomingspadblokkade gehad waar hulle 500 sakkies met plaaslike koerante, inligtingstukke oor die omgewing, water, hul nuwe afslagpakkette en klein geskenkies uitgedeel het.
Hulle het ook Woensdagoggend 'n verwelkomingsveldtog, in samewerking met die Wes-Kaapse toerismedepartement, by die ingang van die Kango-grotte gehad waar hulle toeriste oor die watertekort ingelig het.
Volgens Corleen Barnard, toerismebe-stuurder van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor, was dit 'n baie geslaagde padblokkade.
"Burgemeester Colan Sylvester en raadslede Johan Fourie en George Kersop het kom help om die pakkies aan die toeriste uit te deel. Dit is iets wat ons elke jaar doen om die toeriste in ons streek te verwelkom en om hulle bietjie meer inligting oor ons streek te gee. Toeriste kan ook self beleef hoe vriendelik en gasvry Karoo-inwoners is."
Barnard het haar dank teenoor die munisipale verkeersdepartement, De Rust-polisie en De Rusters uitgespreek wat tyd opgeoffer het om te help.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'