Video
Lees die nuutste hier: Botsingslagoffer nie ernstig beseer
OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Dysselsdorp is vanoggend beseer toe die bakkie wat hy bestuur het, op die grottepad reg van voor deur 'n aankomende Mitsubishi met Duitse toeriste getref is.
Fernando van Staden is op die toneel vir hoof en beenbeserings behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
'n Duitse paartjie en hulle seuntjie is vir skok behandel.
Volgens Fernando se broer, Melvin, was hy voor Fernando in 'n ander bakkie toe die Mitsubishi naby Surval aan die verkeerde kant van die pad gery het.
"Ek het ligte geflikker en daarin geslaag om links van die pad af te ry om die kar te mis, maar hulle het Fernando se bakkie getref toe hy probeer uitswaai het. Ek het stilgehou en teruggeharddloop en Fernando gekry waar hy in die pad lê nadat hy uitgeval het."
Kyk 'n video hieronder:
Volgens die man in die Mitsubishi het sy metgesel bestuur nadat hulle Surval besoek het en aan die verkeerde kant van die pad gery. Die botsing het ongeveer 300m vanaf die ingang na Surval plaasgevind.
Die eienaar van die bakkie, Fernando en Melvin se pa, Frikkie, het op die toneel gesê dit is 'n bestiering dat daar nie 'n passasier saam met Fernando was nie, want die linkerkant van die VW Golf bakkie is heeltemal plategdruk.
Die linkerkant van die VW Golf is heeltemal verwoes.
Die botsingstoneel kort na die botsing.
'n Omstander help die beseerde Fernando terwyl daar op 'n ambulans gewag word. Sy broer, Melvin, staan links van die verkeersman.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'