OUDTSHOORN NUUS - Die kantoor van Oudtshoorn- en De Rust-toerisme sal vanaf 26 Maart tot 20 April gesluit wees.
Volgens Corleen Barnard, toerisme bestuurder van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor, sal hulle persone in die toerisme bedryf steeds op hoogte hou soos hulle inligting ontvang.
"Die kantoor is deel van die algehele inperkings en mag ook nie oop wees nie. Alle gastehuise, hotelle en toeriste-aantreklikhede sal ook gedurende die tydperk gesluit wees, soos voorgeskryf is. Van die instansies het aangedui dat hulle langer as die 21 dae inperking gesluit sal wees, maar daar is nie 'n volledige lys van die instansies nie.
"Ons wens alle besighede wat hierdeur geraak word baie sterkte toe, maar vra wel dat hulle hierby sal hou om te keer dat die virus verder versprei."
Volgens Barnard bied die Wes-Kaapse regering veiligheids- en ondersteunings-programme vir toeriste wat steeds in die Wes-Kaap is.
"Daar is toerisme-veiligheidsbeamptes wat vir die Wes-Kaapse regering werk in elke distrik. Hulle kan gekontak word om toeriste by te staan met ondermeer mediese hulp, advies in terme van korttermyn verblyf, berading, korttermyn vervoerreëlings en hulp met ambassades.
In die Tuinroete en Karoo kan Ilze Jacobs by 082 972 2507 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'