Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Toeris van Israel is vanoggend omstreeks 07:45 voor die Queen’s hotel deur ‘n motor getref.
Sy is deel van ‘n groep van 19 wat Donderdag met ‘n toerbus uit die Kaap vertrek het op ‘n toer deur die Wes- en Oos-Kaap.
Die vrou en haar man het aan die oorkant van Baron van Reedestraat foto’s van die hotel geneem en met die terugstap, het sy voor ‘n aankomende Hyundai Atos ingestap.
Volgens die bestuurder, het hy glad nie geleentheid gehad om te rem nie aangesien die vrou oorgestap het toe hy by haar was.
Sy het vermoedelik ‘n armfraktuur opgedoen en het ook hoofbeserings. Sy is per ambulans na die Mediclinic geneem.
Haar man, wat ‘n mediese dokter is, het haar vergesel.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'