OUDTSHOORN NUUS - Minstens 500 ontevrede inwoners van wyk 6 in Toekomsrus het vanoggend voor die Toekomsrus Supermark betoog omdat die Oudtshoorn-munisipaliteit volgens hulle slegs 30 kospakkies in hul wyk versprei het.
Volgens Sarah Collins, plaaslike wykskomitteelid, is meerderheid van die inwoners sonder 'n inkomste weens die inperkingreels en voel hulle hulpeloos omdat hulle geen kos vir hul gesinne kan voorsien nie.
"Slegs 30 kospakkkies per wyk is onaanvaarbaar. Ons grootste bekommernis is ons oumense wat daagliks medikasie met kos moet neem. Hoe nou gemaak?," wou sy weet.
Navrae is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'