Die nuusspan het ook Beaufort-Wes besoek om bruin mense se opinie oor die nasionale verkiesingsdag te kry.
Michelle Craig, die verslaggewer, en haar kameraman, Kyle Haffajee, het by mnr. Blake Jantjies (69) en sy vrou Lettie (66) gaan aanklop.
Jantjies het vertel dat hy vir jare op die plaas Van Wykskraal gewerk het.
"Na my eerste vrou se dood het ek met Lettie getrou. Ek het al in 1997 aansoek gedoen vir 'n huis, maar was nog nooit in aanmerking vir 'n huis nie. Nou vandat ek weer getrou het het die munisipaliteit gesê mag ek glad nie 'n huis kry nie, want my vrou het voorheen 'n huis gehad," vertel hy. Hy en sy vrou woon nou al vir drie jaar in 'n opslaanhut wat hy self gebou het.
"Die plate en planke het ek met my aftreegeldjies gekoop. Dit was nie eintlik baie nie. Ek is dankbaar dat die munisipaliteit darem vir ons lopende water en toilette gegee het, maar ek sal nooit 'n huis hê nie," vertel hy.
Hy het openlik met Craig oor sy stem gepraat en gesê dat hy beslis gaan stem, maar dat hy nog besluit het vir wie hy sou stem nie. Hy het gesê dat hy ondanks sy omstandighede 'n trotse bruin man bly en weet hy sal met stemdag weet vir wie om te stem.

Blake Jantjies het in 'n onderhoud aan Michelle Craig van eNews gesê dat hy beslis gaan stem, maar nog nie seker was vir watter party nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'