OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra vir inligting na ‘n diefstal gister by Checkers in Oudtshoorn.
‘n Teleskopiese saag soos op die foto is uit ‘n bakkie van Eskom gesteel terwyl dit in die parkeerterrein by Checkers geparkeer was.
Indien die saag aan enigiemand te koop aangebied word of indien enigiemand inligting het word hulle gevra om kapt Deon Bouwer dringend by 044-203 9000 of 082 469 8224 te skakel.
Inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'