OUDTSHOORN NUUS - Helen Bellinganhof tehuis vir bejaardes het Saterdagoggend 'n spogtee ten bate van die inwonerskomitee gehou.
Die geld sal gebruik word om nuwe sypaadjies by die tehuis aan te bring.
Chriszelde Steyn (sangeres) en Tony van Sittert (kulkunstenaar) het vir die dag se vermaak gesorg.
Volgens suster Colleen Fourie, bestuurder by Helen Bellinganhof, was dié dag 'n sukses met 100 kaartjies wat verkoop is.
Sy het ook die inwoners geloof vir die inisiatief om die tehuis te verfraai.
Die gatse het heerlike tee en versnapperinge geniet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'