OUDTSHOORN NUUS - Dertien wiskundeleerders van Bridgton Sekondêr is onlangs gekies om deel te neem aan die Maso-program (Mathematics & Science Oudtshoorn) wat deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied word.
Om die leerders by te staan met hierdie program, het dr. Grootboom en dr. Willemse van AE Life Management Services van George, Vrydag rekenaartablette aan die leerders oorhandig en ook psigometriese toetse met leerders gedoen.
Volgens die skoolfhoof, Kelvin Ellis, sal wiskundelesse deur kundiges via die tablette aan leerders gebied word sowel as vra- en antwoordsessies. Benewens dié tablette het leerders ook ekstra leermateriaal van die universiteit ontvang.
Ellis het die universiteit bedank vir die program asook die twee sielkundiges, Grootboom en Willemse, wat die psigometriese toetsing behartig het.
Die leerders pronk met hul tablette. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'