OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou van Bridgton op Oudtshoorn, wat nog altyd die begeerte gehad het om leerders na-ure met hul navorsingswerk en take te help en nie die geriewe tuis het nie, het pas haar eie leersentrum, die Lighthouse Learning Centre begin.
"Ek wil bietjie lig in kinders se lewens bring," sê Alicia Coetzee.
Die sentrum is amptelik deur pastoor Willie Coetzee van Grace Church International geopen. Hy het die hoop uitgespreek dat die sentrum van krag tot krag sal gaan.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'