OUDTSHOORN NUUS - Mornay Thysse, bekende brandweerman van Oudtshoorn, is Saterdag 23 Desember deur SWD-krieket en die Cape Cobras vereer.
Thysse het bekendheid verwerf vir die tientalle slange wat hy elke somer in Oudtshoorn en omgewing vang en dan weer in die natuur vrylaat.
“Mornay is 'n gewone mens wat ongewone dinge doen,” het Albertus Kennedy, hoof uitvoerende beampte van SDW-krieket gesê. “Hy is ook 'n groot krieketondersteuner.
"SWD-krieket het met die Cape Cobras ooreengekom om hom met ’n Cape Cobras pet te beloon vir al die kobras wat hy al aangekeer het."
Tydens die onlangse Momentumbeker-eendagwedstryd tussen die Cape Cobras en die Warriors wat op die Rec in Oudtshoorn gespeel is, het die bekende Protea en veelsydige speler van die Cobras, Wayne Parnelle tydens die middagpouse die pet aan Thysse oorhandig.
Tydens die Cape Cobras petoorhandiging is, van links, Albertus Kennedy (hoof uitvoerende beampte van SWD-krieket), Mornay Thysse, Wayne Parnelle (Cape Cobras) en Rudy Claassen (president van SWD-krieket).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'