OUDTSHOORN NUUS - Theo Swarts en André Plaatjies het verlede Woensdag die maandelikse sakekamer-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 'n telling van 51 punte gewen.
Altesaam 43 spelers het op die dag afgeslaan wat deur Du Plessis Motors en Daisy Business Solutions geborg is.
Skillie Pretorius en Francois Beets was in die tweede plek met 49 punte gevolg deur Marthinus Oosthuizen en Ockie Horowitz wat in die derde plek was met 48 punte.
Op die agste en 15de putjie het Francois Beets en Hannes Smal die naaste aan die penne geslaan.
Spogtwees is as volg aangeteken:
- Lollies van Rensburg (8ste)
- Chris Odendaal (3de)
- Adriaan Cupido (8ste)
- Steve Lourens (3de)
- Sergio Arries (8ste)
- Ian Laubscher (12de)
- Francois Beets (8ste)
- Marthinus Oosthuizen (12de)
- Allistair Kiewiets (15de)
- Francois Greeff (8ste).
Van links is Theo Swarts (wenner), EP du Plessis (Du Plessis Motors), Gielie Marais (Daisy Business Solutions), Jurie Neethling (klubkaptein) en André Plaatjies. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'