OUDTSHOORN NUUS - Die SA jagters- en wildbewarings vereniging (SAJWV), Klein Karoo-tak, het 'n suksesvolle skietdag op Trutersdal, Heimansrivier aangebied.
Die skietdag het op Saterdag 7 Oktober plaasgevind.
Nico van der Merwe, woordvoerder vir die klub, het Dinsdag gesê die skietdag was 'n ope dag, "sodat elkeen kon skiet wat hy wil."
Hy het bygevoeg: "Daar was papier teikens tot op 300 m en gongs vanaf 180 m tot 755 m."
Die jongste skut, Regardt van der Merwe, is slegs vier jaar oud en die oudste is Rob Fisher (68).
Altesaam het 31 (17 nie-lede) skuts deelgeneem.
Van der Merwe sê hulle het met verskillende vuurwapens, soos die .22, 9 mm handwapens en jaggewere geskiet.
Die dag is afgesluit met 'n gesellige braai onder die bome.
Die SAJWV Klein-Karoo se volgende skietdag, Saterdag 11 November, sal weer ‘n jaggesimuleerde oefening wees. "Ons sal op op die Swartwildebees-simmulasie skiet."
Kontak Van der Merwe vir enige verdere navrae by 082 781 6810.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'